
Boer In Beton
by Koos Kombuis
on Niemansland and Beyond! Ver Van Die Ou Kalahari (1986), Elke Boemelaar Se Droom (2021)
Ek's 'n Afrikaner in die stad, ek dra my masker in De Kat
deur donker stegies en geboue, vat vyf, my bra, vas vat
maar iewers in my onder bewussyn sien ek nog die Karoo sonskyn
waar die springbok troppe spring hoor ek die grensdrade wat sing
Ek rook tuisgerolde fags, ek lees al die unbanned mags
ek gaan nooit klubs toe nie, nie eers in drag
Chorus:
Ek's 'n boer in beton soos Oom Paul in ou Kerkplein
niemand weet van my pyn, want dit is goed vermom
ek's 'n boer in beton (x4)
Daar's 'n ketel wat nog kook, daar is junkies wat nog rook
iewers in my klink die stem van Antjioe Krog en Breyten ook
elke voorvader 'n pionier maar ek weet ek hoort ook hier
al sit ek laat in kroee rond en ken ek skaars die reuk van grond
Daar's iewers nog 'n boerestoep, daar's iewers velde wat nog roep
my handpalms is wit soos jy, ek bedel troos waar ek kan kry
Chorus
Song Comments
Must have JavaScript enabled to comment.On Boer In Beton by Koos Kombuis