
Onder In My Whiskyglas
by Johannes Kerkorrel
on Ge-Trans-For Meer (1996)
Onder in my whisky glas, sien ek jou weer
Onthou ek hoe ons was, en nou's my hart so seer
Die kroeg se deur is toe, wasem hang in donker lug
Ek lig my glas op om te proe, maar voor my sien ek jou gesig
Onder in my, onder in my
Onder in my whisky glas
Is jy nog aan my vas
Ek het jou verruil vir die droom, van 'n duisend kontinente
Maar nou sien ek my glas se boom, en ek tel my laaste sente
Jy's orals om my hier vannag, ek voel jou in my lewe
Whisky is hard en jy was sag, jy is bo drank verhewe
Onder in my, onder in my
Onder in my whisky glas
Is jy nog aan my vas
Onder in my, onder in my
Onder in my whisky glas
Is jy nog aan my vas
Drie skepe moes my wegvoer, na lande ver van hier
Maar daar's skimme op die vloer en visioene in my bier
Ek weet ek was verkeerd gewees my oë traan, my maag wil draai
My drome was nog vis nog vlees, drie skepe het my hart verraai
Onder in my, onder in my
Onder in my whisky glas
Is jy nog aan my vas
Onder in my, onder in my
Onder in my whisky glas
Is jy nog aan my vas
Song Comments
Must have JavaScript enabled to comment.On Onder In My Whiskyglas by Johannes Kerkorrel