
Josie Josie
by Anton Goosen
on Grootste Treffers van die Liedjieboer (2016)
Josie, Josie
Josie, Josie
Moenie jou drome laat natreën nie
Josie, Josie
Josie, Josie
Bly soos jy is, 'n mens vol mens
Hoe kan ek vertel, hoe dit is om vry te wees?
Vry soos 'n duif aan die blou lug vasgebind
Om die wind te sit en soen, en met iemand oud te word
En die flenters en die liefde dan saam op te tel
Josie, Josie
Josie, Josie,
Moenie jou drome laat natreën nie
Josie, Josie,
Josie, Josie,
Bly soos jy is, 'n mens vol mens
Hoe kan ek vertel, hoe dit is om lief te wees?
Met my hart so op my mou, vir 'n vrou te sit en sing
En te soek na als wat waar is, en die boodskap uit te dra
As my hart vannag so bewe en ver deur my spoel
Josie, Josie
Josie, Josie,
Moenie jou drome laat natreën nie
Josie, Josie,
Josie, Josie,
Bly soos jy is, 'n mens vol mens
Hoe kan ek vertel, wat dit is wat ek aan glo?
As ek elke dag, van voor af leer om verder as ver te sien
As die ster van Bethlehem, deur my trane voor my dans
En die lig in die vallei, deur die ruimtes weggedra word
Josie, Josie
Josie, Josie
Moenie jou drome laat natreën nie
Josie, Josie
Josie, Josie
Bly soos jy is, 'n mens vol mens
Josie, Josie
Josie, Josie
Moenie jou drome laat natreën nie
Song Comments
Must have JavaScript enabled to comment.On Josie Josie by Anton Goosen